- Salary
About the role
Operasionele Hoof: Produksie
(Nie-alkoholiese drankies | Suiwel | Seepfabriek | Bakkery)
Lei mense. Dryf produksie. Verseker uitnemendheid.
By Babylonstoren is vervaardiging meer as net produksie – dit is waar gehalte, vakmanskap en spanwerk saamkom om produkte van uitsonderlike gehalte te skep. Van vars suiwel en ambagsbrood tot natuurlike seep en bekroonde nie-alkoholiese drankies, is elke afdeling afhanklik van sterk operasionele leierskap.
Ons is op soek na 'n energieke en praktiese Produksie Operasionele Hoof wat daarvan hou om tussen mense en prosesse te werk. Hierdie rol is ideaal vir iemand wat die leiding neem, vinnig besluite maak, probleme oplos en verseker dat elke vervaardigingseenheid elke dag op sy beste presteer.
Vereistes
Ons is op soek na iemand wat
'n Minimum van 5–8 jaar relevante ervaring in voedselvervaardiging, FMCG of produksiebestuur het, waarvan 'n gedeelte op senior bestuursvlak.
Oor 'n tersiêre kwalifikasie in Voedselwetenskap, Ingenieurswese, Produksiebestuur of 'n verwante rigting beskik.
'n Sterk tegniese begrip van vervaardigingsprosesse en produksie-omgewings het.
Bewese ervaring het in die bestuur van komplekse vervaardigingsbedrywighede en die implementering van operasionele verbeterings.
Sterk finansiële insig het, met die vermoë om finansiële state te interpreteer, tendense raak te sien en operasionele besluite te ondersteun.
Ervaring in die bestuur van verskeie vervaardigingseenhede of departemente sal voordelig wees.
'n Sigbare en inspirerende leier is wat mense ontwikkel, motiveer en aanspreeklik hou.
Analities dink, sistematies werk en kalm bly wanneer uitdagings ontstaan.
Resultaatgedrewe, prakties en oplossingsgerig is.
Hoë vlakke van aanspreeklikheid, eienaarskap en integriteit toon.
Uitstekend in Afrikaans en Engels kan kommunikeer.